Uiteindelik het ons die Blou Bulle terugbetaal vir verlede jaar se gelykop. Verswakte span of te not. Die telbord sal oor tien jaar van nou af steeds wys die Bulle het in
Skoonma wou haar hare laat kleur. “Net so ‘n stigtelike gryserigheid”, het sy gereken. Êrens het die woord highlights ook tussen haar planneberaming deurgeskemer. Gelukkig het ek die verskoning gehad dat ek kon werk toe gaan. Gelukkig ja, want daardie middag trek die duiwel in die kleursel in.
Laatmiddag stop ek tuis. Die kinders sit buite. Die wind waai koel. “Hoekom gaan julle nie in nie?” My vraag onskuldig. Hulle antwoord ook: “Daars ‘n spêtakel in die huis,” reken Benno. Dis nie nuus nie. Skoonma is immers elke middag daar. Maar wat Benno bedoel het was iets anders as ouma se gewone “spêtakelgeit”. Skoonma was blond. Annelien Kriel blond. Nee, nog erger.
Kabamba Floors blond!
Nou hier moet ek bely dat ek die Kabamba oomblik gemis het, want Arné was reeds met ‘n reddingspoging besig. Toe ek die huis inkom was sy reeds rooi van haarkleur. So ‘n kruising tussen Purdy (wie onthou dan nie die New Avengers nie) en ‘n jersey koei. Nêrens ‘n stippeltjie grys of wit te bespeur nie. Mens
Met die rooi hare het sy egter veiliger gevoel. Na ‘n paar waspogings was die roesbruin vervolmaak in so ‘n modderbruin kleur wat darem nie meer so ‘n “spêktakel” is nie. Skoonma het net kom kla dat daar nou so Kojak kol op haar kop was. Met die dat bleskop Hendro nie kon speel nie was ek gereed om ‘n voorstel te maak.
Maar gelukkig lyk die nie of die cheetahs op hierdie stadium hulp nodig het nie. En nog minder ‘n “spêktakel”.
Dit los ons vir die Bulle.
Tot hulle weer ons pret kom bederf.
No comments:
Post a Comment